Ezekiel 45:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En van hierdie maat moet jy die lengte van vyf-en-twintigduisend en die breedte van tienduisend meet; en daarin moet die heiligdom en die Allerheiligste wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Binne die groter heilige area moet julle ’n stuk afmeet van twaalf en ’n half kilometer lank en vyf kilometer breed. Die heiligdom met die Allerheiligste moet daarop staan. |
| Afrikaans 1933/1953 | En van die stuk wat afgemeet is, moet jy meet 'n lengte van vyf en twintig duisend el, en 'n breedte van tien duisend; en daarin moet die heiligdom, die Allerheiligste, lê. |
| Afrikaans 1983 | Van die hele gebied wat afgemeet is, moet julle 'n stuk afmeet van twaalf en 'n half kilometer lank en vyf kilometer breed; daarop moet die heiligdom met die Allerheiligste staan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Van hierdie afgemete terrein moet jy vyf-en-twintigduisend el lank en tienduisend el breed afmeet, en daarop moet die heiligdom wees, 'n besonder heilige gebied. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Van die hele stuk grond wat julle gemeet het, moet julle 'n stuk meet wat 25 000 el lank en 10 000 el breed is. Daar moet die gewyde plek wees, die hoog-gewyde plek. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Van hierdie stuk grond wat julle afgemeet het, moet die huis van die Here gebou word op ’n stuk wat twaalf en ’n half kilometer lank en vyf kilometer breed is. Hierdie is die woning van die God wat heeltemal anders as mense is. |