Ezekiel 45:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) In die sewende maand, op die vyftiende dag van die maand, moet hy so doen op die fees van die sewe dae, volgens die sondoffer, volgens die brandoffer en volgens die spysoffer en volgens die olie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Gedurende die sewe dae van die Huttefees, wat elke jaar vroeg in die herfs gehou word, moet die regeerder sewe dae lank net soos met die Paasfees ook die sonde-offer, die brandoffer, die graanoffer en die olie aanbied.”
Afrikaans 1933/1953 In die sewende maand, op die vyftiende dag van die maand, moet hy op die fees dieselfde offers gereedmaak gedurende die sewe dae: dieselfde sondoffer, dieselfde brandoffer en dieselfde spysoffer en dieselfde olie.
Afrikaans 1983 “Tydens die fees wat op die vyftiende van die sewende maand begin, moet die regeerder sewe dae lank net soos met die paasfees ook die sondeoffer, die brandoffer, die graanoffer en die olie aanbied.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) In die sewende maand, op die vyftiende dag van die maand, op die fees, moet hy dieselfde voorsien vir die sewe dae – dieselfde reinigingsoffers, brandoffers, graanoffers en olyfolie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Hutte-fees begin op die vyftiende dag van die sewende maand, dan moet die regeerder elke dag dieselfde offers gee soos op die Fees van die Ongesuurde Brood.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Op die vyftiende van die sewende maand moet julle ook begin feesvier. By hierdie fees moet die regeerder ook sewe dae lank die offers van vleis en graan en olie bring, nes by die fees wat die volk se uittog uit Egipte herdenk.”