Ezekiel 45:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En sewe dae van die fees moet hy 'n brandoffer aan die HERE berei: sewe bulle en sewe ramme sonder gebrek daagliks die sewe dae; en elke dag 'n bokbokkie as sondoffer.
Afrikaans (NLV) 2011 Op elkeen van die sewe dae van die fees moet hy ’n brandoffer vir die Here regmaak, wat bestaan uit sewe jong bulle en sewe ramme, almal sonder liggaamsgebrek. ’n Bokram moet ook elke dag as sonde-offer gegee word.
Afrikaans 1933/1953 En die sewe dae van die fees moet hy daagliks as brandoffer aan die HERE gereedmaak sewe bulle en sewe ramme sonder gebrek, gedurende die sewe dae, en daagliks 'n bokram as sondoffer.
Afrikaans 1983 Tydens die sewe dae wat die fees duur, moet hy elke dag as brandoffer vir die Here sewe bulle en sewe skaapramme aanbied, almal sonder liggaamsgebrek, en ook nog elke dag 'n bokram as sondeoffer.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en die sewe dae van die fees moet hy vir die Here 'n brandoffer voorsien – sewe bulle en sewe skaapramme sonder gebrek op elk van die sewe dae, en as reinigingsoffer 'n bokram elke dag.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy moet in die sewe dae van die Fees van die Ongesuurde Brood elke dag sewe gesonde bulle en sewe gesonde skaap-ramme gee om 'n brand-offer te wees vir die Here. Hy moet elke dag ook nog 'n bok-ram gee om 'n sonde-offer te wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die fees hou sewe dae lank aan. Tydens die sewe dae van die fees moet julle regeerder elke dag ’n offer vir die Here bring. Hy moet sewe bulle en sewe skaapramme na my huis toe bring. Hulle mag nie gebreklik wees nie. Die regeerder moet dan ook nog elke dag ’n bokram as offer bring om die volk se sondes te versoen.