Ezekiel 45:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | In die eerste maand, op die veertiende dag van die maand, moet julle die pasga hê, 'n fees van sewe dae; ongesuurde brode moet geëet word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Op die veertiende dag van die nuwe jaar moet julle die Pasga vier. Die fees moet sewe dae aanhou. Julle mag in dié tyd net ongesuurde brood eet. |
| Afrikaans 1933/1953 | In die eerste maand, op die veertiende dag van die maand, moet vir julle die pasga wees; op die sewedaagse fees moet ongesuurde brode geëet word. |
| Afrikaans 1983 | “Op die veertiende van die eerste maand moet julle die paasfees vier, wanneer julle moet begin om sewe dae lank net ongesuurde brood te eet. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ ‘ “ In die eerste maand, op die veertiende dag van die maand, moet dit vir julle die Pasga wees – die fees van sewe dae waarop ongesuurde brood geëet moet word. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Julle moet die Paasfees vier op die veertiende dag van die eerste maand. Julle mag op daardie dag net ongesuurde brood eet. Julle mag sewe dae lank net daardie soort brood eet. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Op die veertiende van daardie maand moet julle dan die paasfees vier om terug te dink aan hoe Israel uit Egipte verlos is. Vir hierdie fees moet julle sewe dae lank brood eet wat geen suurdeeg in het nie. |