Ezekiel 45:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En so moet jy op die sewende dag van die maand doen vir elkeen wat dwaal en vir die onskuldige; so moet julle die huis versoen.
Afrikaans (NLV) 2011 Doen dit ook op die sewende dag van die nuwe jaar vir almal wat per ongeluk of onkundig gesondig het. Op hierdie manier bring die tempel versoening.
Afrikaans 1933/1953 So moet jy ook doen op die sewende in die maand ter wille van die wat hulle uit swakheid of uit onwetendheid misgaan het; so moet julle dan vir die huis versoening doen.
Afrikaans 1983 dit moet hy ook doen op die sewende van die maand ter wille van mense wat onwetend of uit onkunde gesondig het; so moet julle die tempel reinig.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jy moet dieselfde doen op die sewende van die maand indien iemand dalk onopsetlik of uit onkunde gesondig het; so moet julle vir die tempel versoening doen.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die priester moet dit ook doen op die sewende dag van elke maand. Hy moet dit doen vir mense wat nie weet dat hulle verkeerd gedoen het nie, of vir mense wat nie weet dat dinge wat hulle gedoen het, verkeerd is nie. Dit is hoe julle die tempel moet reinig.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy moet dieselfde doen op die sewende van daardie maand. Dalk was daar mense wat slegte dinge gedoen het en dit nie eens besef het nie. Of dalk het hulle nie eens geweet dat dit wat hulle doen, sleg is nie. Só moet jy my huis weer rein maak.