Ezekiel 45:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die priester moet van die bloed van die sondoffer neem en dit smeer aan die deurposte van die huis en aan die vier hoeke van die afset van die altaar en aan die deurposte van die poort van die binneste voorhof.
Afrikaans (NLV) 2011 Die priester moet dan van die bloed van die sonde-offer vat en dit aan die deurkosyne van die tempel smeer, en aan die vier hoeke van die boonste vlak van die altaar en die kosyne van die ingange na die binneste hof.
Afrikaans 1933/1953 En die priester moet van die bloed van die sondoffer neem en dit aan die deurposte van die huis stryk en aan die vier hoeke van die omlysting van die altaar en aan die deurposte van die poort van die binneste voorhof.
Afrikaans 1983 die priester moet van die sondeofferdier se bloed vat en dit aan die kosyne in die tempel smeer en aan die vier hoeke van die boonste vlak van die altaar en aan die kosyne van die poorte na die binneste voorhof toe;
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die priester moet van die bloed van die reinigingsoffer neem en dit aan die deurkosyn van die •tempel smeer, aan die vier hoeke van die altaar se lys en aan die kosyn van die poort na die binneste voorhof.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die priester moet van die bul se bloed neem en hy moet dit smeer aan die rame van die tempel se deure, en aan die vier hoeke van die altaar se boonste rand en aan die rame van die deure van die poorte na die binneste oop stuk grond.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle moet dit só doen. Die een wat in my huis werk, moet van die bul se bloed vat en dit aan die deurkosyne smeer. Hy moet dit ook smeer aan die vier hoeke van die boonste vlak van die altaar en aan die kosyne van die ingang na die binneste deel van my huis.