Ezekiel 45:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) So sê die HERE HERE: In die eerste maand, op die eerste dag van die maand, moet jy 'n jong bul sonder gebrek neem en die heiligdom reinig;
Afrikaans (NLV) 2011 “So sê die oppermagtige Here: In die vroeë lente, op die eerste dag van die eerste maand van die nuwe jaar moet jy ’n bul sonder enige liggaamsgebrek offer om die tempel te reinig.
Afrikaans 1933/1953 So sê die Here HERE: In die eerste maand, op die eerste van die maand, moet jy 'n jong bul sonder gebrek neem en die heiligdom ontsondig.
Afrikaans 1983 So sê die Here my God: “Op die eerste dag van die eerste maand moet jy 'n bul sonder liggaamsgebrek vat en die heiligdom laat reinig:
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ ‘So sê my Heer, die Here: “In die eerste maand, op die eerste van die maand, moet jy 'n jong bul sonder gebrek neem en die heiligdom reinig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here, Hy wat Here is, sê: “Op die eerste dag van die eerste maand moet jy 'n gesonde bul bring. Dit is die sonde-offer, die priesters moet die gewyde plek met die sonde-offer reinig.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here, Esegiël se God, sê verder: “Op Nuwejaarsdag moet die mense wat in die huis van die Here werk, ’n bul vat. Hy mag nie gebreklik wees nie. Met die bul se bloed moet hulle my huis rein maak.