Ezekiel 45:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En dit moet aan die vors wees om brandoffers en spysoffers en drankoffers te bring op die feestye en op die nuwemane en op die sabbatte, by al die feestye van die huis van Israel; hy moet die sondoffer berei en die spysoffer en die brandoffer en die dankoffers, om vir die huis van Israel versoening te doen.
Afrikaans (NLV) 2011 Die regeerder moet offers verskaf wat tydens die godsdienstige feeste gebring word, tydens die Nuwemaansviering, Sabbatdae en ander geleenthede. Hy moet die sonde-offers, brandoffers, graanoffers, drankoffers en vrede-offers verskaf wat vir die volk van Israel versoening sal bring.
Afrikaans 1933/1953 En op die vors rus die verpligting van die brandoffers en die spysoffer en die drankoffer op die feeste en op die nuwemane en op die sabbatte, op al die feestye van die huis van Israel; hy moet die sondoffer en die spysoffer en die brandoffer en die dankoffers berei, om versoening te doen vir die huis van Israel.
Afrikaans 1983 Op die regeerder rus dan die verpligting om die brandoffers, die graanoffers en die drankoffers aan te bied tydens die groot feestye en die nuwemaansfeeste en op die sabbatte, op al die feestye van Israel. Hy moet die sondeoffer, die graanoffer, die brandoffer en die maaltydoffers aanbied om vir Israel versoening mee te doen.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ ‘ “Op die leier rus dan 'n verpligting in verband met die brandoffers, die graanoffers en die •drankoffers op die feeste, op die nuwemaansfeeste en die Sabbatte, op al die feestye van die huis van Israel. Hy moet die •reinigingsoffer, die graanoffer, die brandoffer en die maaltydoffers voorsien om versoening te doen vir die huis van Israel.” ’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Die regeerder moet dan hierdie goed gee om die brand-offers, die koring-offers en die drank-offers te wees. Hy moet dit gee op die feeste, die Nuwemaan-feeste, die Sabbatdae, op al die feestye van die volk Israel. Hy moet die goed gee vir die sonde-offers, die koring-offers, die brand-offers en die ete-offers. Die priesters moet daarmee versoening doen vir die volk Israel.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Van die regeerder vra Ek dat hy ook sekere offers vir my huis sal bring op die dae wanneer die volk feesvier. Dis sy verantwoordelikheid om die offers te bring as versoening vir Israel se slegte dade.”