Ezekiel 45:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En een lam uit die kleinvee, uit twee honderd, uit die vet weivelde van Israel; as spysoffer en brandoffer en dankoffers om vir hulle versoening te doen, spreek die HERE HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 en uit die waterryke gebiede een uit elke 200 van julle kleinveekudde. Hierdie is die graanoffers, brandoffers en vrede-offers wat vir die mense versoening bring, sê die oppermagtige Here.
Afrikaans 1933/1953 Verder van die kleinvee: een stuk uit twee honderd, uit die waterryke weiveld van Israel -- as spysoffers en brandoffers en dankoffers om versoening vir hulle te doen, spreek die Here HERE.
Afrikaans 1983 Uit die waterryke dele van Israel moet julle een uit elke twee honderd van die kleinvee gee. Hierdie offers is graanoffers, brandoffers en maaltydoffers om vir julle versoening mee te doen,” sê die Here my God.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en dan ook een skaap uit 'n kleinveetrop van tweehonderd uit die waterryke gebied van Israel. Dit is vir •graanoffers, •brandoffers en •maaltydoffers om vir julle versoening te doen.” Dit is die uitspraak van my Heer, die Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet een skaap of bok gee uit elke trop van 200 skape of bokke op die weivelde van Israel, die weivelde waar daar baie water is. Alles wat julle gee, is vir die koring-offers, die brand-offers en die ete-offers. Die priesters moet met die offers versoening doen vir julle.” Dit het die Here gesê, Hy wat Here is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Betaal julle belasting deur een uit elke 200 van julle skape en bokke na my huis te bring. Bring ook die ander offers wat Ek van julle vra vir julle sondes,” sê die Here, die God van Esegiël.