Ezekiel 45:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dit is die spysoffer wat julle moet bring; die sesde deel van 'n efa van 'n homer koring, en julle moet die sesde deel van 'n efa van 'n homer gars gee. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Die belasting wat julle aan die regeerder moet betaal, is: een 60ste van die koring en die gars, |
| Afrikaans 1933/1953 | Dit is die offergawe wat julle moet afgee: die sesde van 'n efa van 'n homer koring; ook die sesde van 'n efa van 'n homer gars. |
| Afrikaans 1983 | “Die offergawes wat julle moet bring, is een sestigste van die koring en die gars, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ ‘ “Dit is die wydingsgeskenk wat julle moet afstaan: 'n sesde van 'n efa uit 'n gomer koring en 'n sesde van 'n efa uit 'n gomer gars; |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Hier is die dinge wat julle vir die tempel moet gee: Julle moet een sesde van 'n efa koring gee van elke homer koring wat julle kry, en julle moet een sesde van 'n efa gars gee van elke homer gars wat julle kry. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “As julle belasting aan die staat betaal, moet julle eerlik wees. Gee die regte bedrag. |