Ezekiel 45:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En as julle die land as erfdeel deur die lot verdeel, moet julle aan die HERE 'n offergawe bring, 'n heilige deel van die land: die lengte moet die lengte van vyf-en-twintigduisend riete wees en die breedte tienduisend. Dit moet heilig wees in al sy grense rondom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Wanneer julle die land tussen die stamme van Israel verdeel, moet julle ’n deel vir die Here opsy sit. Dis sy heilige deel. Dit moet dertien en ’n half kilometer lank en tien en ’n half kilometer breed wees. Die hele gedeelte sal heilig wees. |
| Afrikaans 1933/1953 | En as julle die land as erflike besitting verdeel, moet julle 'n offergawe aan die HERE afgee, 'n heilige plek uit die land; aangaande die lengte: vyf en twintig duisend el die lengte, en die breedte: twintig duisend; dit moet in sy hele omvang rondom heilig wees. |
| Afrikaans 1983 | “Wanneer julle die land deur loting verdeel om aan elke stam sy besitting toe te ken, moet julle 'n stuk grond van twaalf en 'n half kilometer lank en tien kilometer breed as 'n offergawe aan die Here gee. Die hele stuk grond sal aan die Here gewy wees. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ ‘ “ Wanneer julle die land as erfenis toedeel, moet julle vir die Here 'n •wydingsgeskenk eenkant hou, 'n heilige deel uit die land, vyf-en-twintigduisend el lank en twintigduisend el breed. Dit moet heilig wees, sy hele gebied, die volle omvang daarvan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het gesê: “Wanneer julle die land tussen die stamme verdeel, dan moet julle vir die Here 'n stuk grond gee, 'n gewyde deel van die land. Die stuk grond moet 25 000 el lank en 20 000 el breed wees. Die hele stuk grond moet gewyd wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Wanneer Ek die volk terugbring na hulle eie land, moet julle loot oor wie waar gaan bly. Maar dan moet julle ’n stuk grond van twaalf en ’n half kilometer lank en tien kilometer breed eenkant sit. Dit behoort aan My. Niemand mag daarop werk nie. Dit moet eenkant gesit word vir My. |