Ezekiel 44:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | So sê die HERE: Geen vreemdeling, onbesnede van hart of onbesnede van vlees, mag in my heiligdom ingaan nie, van enige vreemdeling wat onder die kinders van Israel is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “So sê die oppermagtige Here: Geen vreemdelinge, ook nie dié wat tussen die mense van Israel bly, mag in my heiligdom kom as hulle nie besny is en die Here liefhet nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | So sê die Here HERE: Geen uitlander, onbesnede van hart en onbesnede van vlees, mag in my heiligdom ingaan, van al die uitlanders wat onder die kinders van Israel is nie. |
| Afrikaans 1983 | So sê die Here my God: “Geen eerlose, onbesnede uitlander mag in my heiligdom kom nie, nie een van al die uitlanders wat tussen die Israeliete woon nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ ‘So sê my Heer, die Here: “Geen vreemde, onbesnede van hart en liggaam, mag in my heiligdom kom nie, nie een van die vreemdes wat tussen die Israeliete woon nie – |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here, Hy wat Here is, sê: Iemand wat nie 'n Israeliet is nie en wat nie aan My behoort nie en wat nie besny is nie, mag nie in my gewyde plek kom nie. Niemand van die mense wat tussen julle woon en wat nie Israeliete is nie, mag daar kom nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Nou sê die Here, Esegiël se God: “Geen vreemdeling sal weer in my huis mag kom nie. Nie eens die vreemdelinge wat tussen my volk bly, sal hier inkom nie. As hulle nie aan My behoort en vir My lief is nie, is hulle nie welkom nie. |