Ezekiel 44:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) deurdat julle vreemdelinge in my heiligdom ingebring het, onbesnedenes van hart en onbesnedenes van vlees, om in my heiligdom te wees, om dit te verontreinig, my huis, as julle my brood, die vet en die bloed offer, en hulle my verbreek het en verbond vanweë al julle gruwels.
Afrikaans (NLV) 2011 Julle het vreemdelinge wat onbesnede is in my heiligdom gebring, mense wie se harte ver van My is. So het julle die tempel onteer terwyl julle terselfdertyd kos, vet en bloed aan My geoffer het. So het julle naas al julle ander afskuwelike sondes die ooreenkoms verbreek.
Afrikaans 1933/1953 Omdat julle uitlanders ingebring het, onbesnedenes van hart en onbesnedenes van vlees, om in my heiligdom te wees, om dit, my huis, te ontheilig; toe julle my brood, vet en bloed gebring, en hulle my verbond verbreek het by al julle gruwels.
Afrikaans 1983 dat julle ook nog eerlose en onbesnede uitlanders in my heiligdom ingebring het om my huis te ontwy? Julle het vir My vet en bloed as voedseloffer aangebied en terselfdertyd die verbond met My verbreek deur al julle afskuwelike dade.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe julle vreemdes, onbesnede van hart en liggaam, ingeneem het om in my heiligdom te wees, om dit, my huis, te ontheilig, toe julle self my voedsel, vet en bloed, nadergebring het, het julle my verbond verbreek, bo en behalwe al julle afstootlike dade.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle het mense in my gewyde plek laat kom wat nie Israeliete is nie, mense wat nie aan My behoort nie en wat nie besny is nie. Hulle het my tempel ontwy toe julle vir My vet en bloed ge-offer het om te eet. Julle het die verbond met My gebreek toe julle al die dinge gedoen het wat Ek haat.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Julle het mense wat nie deel van my volk is nie, in my huis ingebring. Hulle is ’n spul mense wat niks vir My voel nie. So het julle my huis besoedel terwyl julle offers gebring het. En so het julle die ooreenkoms verbreek wat Ek met julle gesluit het. Dit was bo en behalwe al die ander slegte dinge wat julle gedoen het.