Ezekiel 44:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En jy moet aan die wederstrewiges, aan die huis van Israel, sê: So spreek die HERE HERE; O huis van Israel, laat dit vir julle genoeg wees met al julle gruwels,
Afrikaans (NLV) 2011 Gaan sê vir hierdie opstandelinge, die mense van Israel, die oppermagtige Here sê: Volk van Israel, dis genoeg van julle afskuwelike dade!
Afrikaans 1933/1953 En sê aan die wederstrewiges, aan die huis van Israel: So spreek die Here HERE: Laat dit genoeg wees met al julle gruwels, o huis van Israel!
Afrikaans 1983 “Jy moet vir dié weerbarstige volk, vir Israel, sê: So sê die Here my God: Was al julle afskuwelike dade nie genoeg nie, Israel,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Sê vir die opstandiges, vir die huis van Israel, ‘So sê my Heer, die Here: “Dit is nou genoeg van al julle afstootlikhede, huis van Israel!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En jy moet vir die opstandige volk Israel sê: Die Here, Hy wat Here is, sê: Israel, julle moet ophou om al die verkeerde dinge te doen wat Ek haat.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jy moet vir hierdie volk wat aanhoudend teen My opstandig is, gaan vertel wat Ek vir jou sê. Sê vir hulle: Ek het nou net mooi genoeg gehad van al julle slegte dade, volk van Israel!