Ezekiel 44:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die HERE het vir my gesê: Mensekind, let goed op, en kyk met jou oë en hoor met jou ore alles wat Ek vir jou sê aangaande al die verordeninge van die huis van die HERE en al die wette daarvan; en let goed op die ingang van die huis, met elke uitgang van die heiligdom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here sê toe vir my: “Mensekind, let goed op. Gebruik jou oë en ore. Luister sorgvuldig wat Ek vir jou sê oor die bepalings rakende die Here se tempel. Let goed op wie in die tempel toegelaat mag word en wie nie daar mag inkom nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die HERE het vir my gesê: Mensekind, gee ag daarop en kyk met jou oë en hoor met jou ore alles wat Ek jou sal sê aangaande al die verordeninge van die huis van die HERE en al die wette daarvan; en gee ag op die ingang in die huis deur al die uitgange van die heiligdom. |
| Afrikaans 1983 | Die Here het vir my gesê: “Mens, let op, kyk goed en luister goed na alles wat Ek vir jou sê oor al die voorskrifte en al die reëlings wat vir my huis geld. Let op na hoe iemand by die tempel mag inkom en hoe hy die heiligdom moet verlaat. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here sê toe vir my: “Mensekind, gee aandag! Kyk stip en luister aandagtig na alles wat Ek vir jou gaan sê oor al die vaste voorskrifte vir die huis van die Here en oor al sy wette. Let noukeurig op die ingang na die tempel en al die uitgange van die heiligdom. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het vir my gesê: “Mens, jy moet kyk en oplet en luister na alles wat Ek vir jou sê oor alles wat julle in die tempel van die Here moet doen en hoe julle dit moet doen. Jy moet oplet waar 'n mens mag inkom en oral waar 'n mens mag uitgaan uit die gewyde plek. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe sê Hy vir my: “Mens, luister nou baie mooi. Ek gaan vir jou sê wat ’n mens in my huis mag doen, en wat nie. Ek gaan ook vir jou sê wie hier mag inkom en wie nie. |