Ezekiel 44:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het hy vir my die pad van die Noordpoort voor die huis gebring; en ek het gesien, en kyk, die heerlikheid van die HERE het die huis van die HERE vervul, en ek het op my aangesig geval. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die man het my toe deur die noordelike ingang na die voorkant van die tempel geneem. Ek het gekyk en gesien dat die heerlikheid van die Here die tempel van die Here gevul het. Ek het voor Hom neergeval. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop het hy my gebring na die noordpoort, aan die voorkant van die huis; ek kyk toe en sien dat die heerlikheid van die HERE die huis van die HERE vervul; toe het ek op my aangesig geval. |
| Afrikaans 1983 | Die man vat my toe deur die noordpoort tot voor die tempel. Ek het gesien die huis van die Here is vol van sy magtige teenwoordigheid en ek het platgeval. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe neem die man my deur die noordpoort na die voorkant van die •tempel. Ek sien toe, kyk, die heerlikheid van die Here vul die huis van die Here, en ek het neergeval met my gesig teen die grond. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe bring die man my deur die noord-poort na die voorkant van die tempel en toe sien ek die lig wat om die Koning, die Here, is. Die lig het die tempel van die Here volgemaak. Ek het gaan lê met my gesig teen die grond. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die man het my toe na die ingang aan die noordekant van die huis van die Here gevat. Toe ek daar kom, sien ek die Here is in sy huis. Ek het weer op my gesig voor die Here neergeval. |