Ezekiel 44:31 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die priesters mag niks eet wat vanself dood of verskeur is, of dit nou voëls of diere is nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Die priesters mag nooit vleis eet van ’n voël of dier wat vanself gevrek het of deur ’n ander dier doodgemaak is nie.”
Afrikaans 1933/1953 Geen aas of iets wat verskeur is, van voëls of van vee, mag die priesters eet nie.
Afrikaans 1983 “Priesters mag nie voëls of diere wat gevrek het of deur roofdiere gevang is, eet nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ ‘ “Enigiets wat doodgegaan het of verskeur is, of dit voëls of diere is – priesters mag dit nie eet nie.” ’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die priesters mag nie die vleis eet van diere wat self gevrek het nie, ook nie die vleis van 'n dier wanneer 'n wilde dier daardie dier gevang het nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarom mag die mense wat in my huis werk, nooit vleis eet van ’n voël of ’n dier wat in die veld gevrek het of wat deur ’n ander dier doodgemaak is nie.”