Ezekiel 44:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dit is vir die vors; die vors, hy moet daarin sit om brood te eet voor die aangesig van die HERE; hy moet ingaan deur die voorportaal van daardie poort en deur sy pad uitgaan.
Afrikaans (NLV) 2011 Net die regeerder mag binne hierdie ingang gaan sit om in die Here se teenwoordigheid fees te vier. Maar hy mag net deur die ingang se voorportaal kom en gaan.”
Afrikaans 1933/1953 Wat betref die vors, hy moet as vors daarin sit om brood te eet voor die aangesig van die HERE; van die voorportaal van die poort af moet hy ingaan en op dieselfde weg daar uitgaan.
Afrikaans 1983 Net die regeerder mag in die poortgebou gaan sit om in die teenwoordigheid van die Here te eet, maar die regeerder moet by die toegangsportaal agter die poort inkom en weer daar uitgaan.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die leier mag, terwyl hy leier is, in die poort sit om voor die Here brood te eet. Van die portaal van die poort se kant moet hy ingaan, en weer aan daardie kant uitgaan.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Net die regeerder mag daar sit en hy mag daar eet, daar voor die Here. Hy mag dit doen omdat hy die regeerder is. Hy moet deur die voorportaal in die poort ingaan en hy moet weer daar uitgaan.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die een wat oor hierdie volk regeer, mag in die ingangsportaal gaan sit om te eet, voor My. Maar hy mag nie deur die ingang gaan nie. Hy moet omloop en ’n ander ingang gebruik.”