Ezekiel 44:29 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die spysoffer en die sondoffer en die skuldoffer moet hulle eet; en alles wat in Israel geheilig is, sal aan hulle behoort.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle kos kom van die geskenke en offers wat die volk na die tempel bring, die graanoffers, sonde-offers en skuldoffers. Wat vir die Here eenkant gesit word, behoort aan die priesters.
Afrikaans 1933/1953 Die spysoffer en die sondoffer en die skuldoffer, die moet hulle eet; en alles wat in Israel onder die ban is, moet vir hulle wees.
Afrikaans 1983 Hulle mag die graanoffer, die sondeoffer en die skuldoffer eet, en hulle kry alles wat in Israel aan My gewy word;
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die •graanoffers, reinigingsoffers en •hersteloffers – net hulle mag dit eet. Alles wat in Israel onder die ban is, sal hulle s'n wees.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle kos is die koring-offer en die sonde-offer en die skuld-offer en al die ander goed wat aan die Here gewy is in die land Israel. Dit behoort aan hulle.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle leef van die offers wat die volk bring vir hulle eie sondes. Wat enigiemand eenkant sit en vir My gee as ’n geskenk, behoort aan die mense wat in my huis werk.