Ezekiel 44:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En op die dag as hy in die heiligdom, na die binneste voorhof ingaan om in die heiligdom te dien, moet hy sy sondoffer bring, spreek die HERE HERE. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die eerste dag terug by die werk, as hy die binneste hof en heiligdom ingaan, moet hy ’n sonde-offer vir homself bring, sê die oppermagtige Here. |
| Afrikaans 1933/1953 | En op die dag as hy in die heiligdom ingaan, in die binneste voorhof, om in die heiligdom te dien, moet hy sy sondoffer bring, spreek die Here HERE. |
| Afrikaans 1983 | en op die dag wanneer hy weer in die heiligdom, in die binneste voorhof ingaan om die dienswerk in die heiligdom te doen, moet hy 'n sondeoffer bring,” sê die Here my God. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die dag wanneer hy dan die heiligdom binnegaan, na die binneste voorhof, om in die heiligdom diens te doen, moet hy sy •reinigingsoffer bring.” Dit is die uitspraak van my Heer, die Here. ’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | en wanneer hy dan in die gewyde plek ingaan, na die binneste oop stuk grond om daar te werk, dan moet hy 'n sonde-offer bring.” Dit het die Here gesê, Hy wat Here is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die eerste dag dat hy weer in my huis inkom, moet hy ’n offer namens homself bring sodat hy rein kan wees,” sê die Here, die God van Esegiël. |