Ezekiel 44:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle mag by geen dooie kom om hulle te verontreinig nie; maar vir vader of moeder of seun of dogter, broer of suster wat geen man gehad het nie, hulle mag hulle verontreinig. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | ’n Priester mag nooit homself besoedel deur by ’n lyk te kom nie, behalwe as dit sy pa of ma, kind of broer of ongetroude suster is. In sulke gevalle word dit toegelaat. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy mag by 'n lyk nie kom, sodat hy onrein word nie; net maar aan 'n vader of 'n moeder of 'n seun of 'n dogter, aan 'n broer of 'n suster wat nie aan 'n man toebehoort nie, mag hulle hul verontreinig. |
| Afrikaans 1983 | “Hulle mag nie onrein word deur naby 'n lyk te kom nie. Net in die geval van ouers of kinders of broers of ongetroude susters mag 'n priester onrein word, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ ‘ “ By 'n dooie mens mag 'n priester nie kom en sodoende onrein word nie. Slegs in die geval van 'n vader of moeder, seun of dogter, broer of suster wat nie 'n man gehad het nie, mag hulle hulleself wel verontreinig. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | 'n Priester mag nie naby 'n lyk kom nie, want dan sal hy onrein word. Hy mag net naby die lyke kom van sy ouers of sy kinders of sy broers of sy susters wat nie getroud is nie. Hy sal dan onrein word. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Iemand wat in my huis werk, mag nie by ’n lyk kom nie. Hy mag slegs na ’n lyk gaan kyk as dit sy pa of ma of kind, of sy broer of ongetroude suster is. |