Ezekiel 44:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En in twis sal hulle staan in die gereg; en hulle sal dit oordeel volgens my verordeninge; en hulle moet my wette en my insettinge in al my gemeentes onderhou; en hulle sal my sabbatte heilig. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Wanneer daar onmin tussen my mense is, sal hulle as regters optree en uitspraak gee. Hulle besluite moet gebaseer wees op my bepalings. En die priesters moet ook my voorskrifte en bepalings vir al die heilige feeste uitvoer. Hulle moet toesien dat die Sabbat as ’n heilige dag geëer word. |
| Afrikaans 1933/1953 | En oor 'n regsaak moet hulle optree om reg te spreek, volgens my verordeninge moet hulle dit uitoefen; en hulle moet my wette en my insettinge hou op al my feestye en my sabbatte heilig. |
| Afrikaans 1983 | “Waar daar geskille is, moet die priesters as regters optree en uitspraak lewer ooreenkomstig my bepalings. “Hulle moet toesien dat my wil en my voorskrifte op al die feesdae in ag geneem word en dat my sabbatte heilig gehou word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ ‘ “ By 'n geskil is dit hulle wat moet gereedstaan om 'n beslissing te gee. Volgens my beslissings moet hulle die saak besleg. My wette en vaste voorskrifte moet hulle by al my feeste nakom, en my Sabbatte heilig hou. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer mense mekaar beskuldig, dan moet die priesters die regters wees en hulle moet oordeel soos Ek dit wil hê. Hulle moet op al die feesdae doen wat Ek wil hê en soos Ek gesê het, en hulle moet sorg dat my Sabbatdae gewyde dae bly. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Mense wat in my huis werk, moet ook besluit wie reg is as twee mense stry oor ’n saak. Hulle sal besluit wie reg is soos Ek hulle beveel het om te doen. Mense wat vir My werk, moet doen wat Ek hulle beveel het. Hulle moet al die feesdae hou soos Ek vir hulle gesê het. Hulle moet ook kyk dat die mense op die sewende dag maak soos Ek beveel het. Op dié dag moet mense nie werk nie. Die sewende dag is my dag. |