Ezekiel 44:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle moet my volk die verskil tussen heilig en onheilig leer en hulle laat onderskei tussen onrein en rein. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle moet my volk leer wat die verskil is tussen die heilige en die alledaagse, en hoe om te onderskei tussen wat rein en wat besoedel is. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle moet my volk die onderskeid leer tussen wat heilig en onheilig is, en hulle bekend maak die onderskeid tussen wat onrein en rein is. |
| Afrikaans 1983 | “Die priesters moet my volk onderrig oor die onderskeid tussen wat gewyd en wat nie gewyd is nie en hulle leer om te onderskei tussen wat rein en wat onrein is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle moet my volk leer wat die verskil is tussen heilig en onheilig; en die verskil tussen rein en onrein moet hulle aan hulle bekend maak. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die priesters moet vir my volk leer wat is gewyd en wat is nie gewyd nie, hulle moet ook vir die mense leer wat is onrein en wat is rein. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle werk is om vir my volk te leer wat reg en verkeerd is, wat gedoen mag word en wat nie gedoen mag word nie.” |