Ezekiel 44:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hulle mag ook nie 'n weduwee of 'n verstootte vir hul vrouens neem nie, maar meisies uit die geslag van die huis van Israel of 'n weduwee wat voorheen 'n priester gehad het, moet hulle neem.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle moet vroue kies net uit die ongetroude vroue van Israel of uit die weduwees van die priesters. Hulle mag nie met ander weduwees of geskeide vroue trou nie.
Afrikaans 1933/1953 Ook mag hulle geen weduwee of een wat verstoot is, vir hulle as vrou neem nie; maar jongmeisies uit die geslag van die huis van Israel of 'n weduwee wat deur 'n priester as weduwee agtergelaat is, mag hulle neem.
Afrikaans 1983 “Hulle mag ook nie trou met weduwees of geskeide vrouens nie, hulle mag net trou met Israelitiese jongmeisies of met jong weduwees van priesters.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Weduwees of geskeide vroue mag hulle nie vir hulle as vroue neem nie, slegs jongmeisies uit die nageslag van die huis van Israel, en 'n weduwee wat die weduwee van 'n priester is, mag hulle as vroue neem.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die priesters mag nie trou met weduwees of vroue wat geskei het nie. Hulle moet trou met jongmeisies wat Israeliete is, of met die weduwees van priesters.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle mag slegs trou met vroue uit Israel wat nog nooit voorheen getroud was nie. Hulle mag ook met vroue trou wat mans gehad het wat vroeër in my huis gewerk het, maar wat intussen dood is. Hulle mag nie met ander vroue trou wat voorheen getroud was of wat geskei is nie.