Ezekiel 44:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê die HERE vir my; Hierdie poort moet gesluit wees, dit mag nie oopgemaak word nie, en niemand mag daardeur ingaan nie; omdat die HERE, die God van Israel, daardeur ingegaan het, daarom sal dit gesluit wees.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here het toe vir my gesê: “Hierdie ingang moet gesluit bly. Dit mag nooit weer oopgemaak word nie. Niemand mag daar ingaan nie, want die Here, die God van Israel, het daar ingegaan. Dit moet altyd gesluit bly.
Afrikaans 1933/1953 En die HERE het vir my gesê: Hierdie poort moet toegesluit bly, dit mag nie oopgemaak word nie, en niemand mag daardeur ingaan nie, omdat die HERE, die God van Israel, daardeur ingegaan het; daarom moet dit gesluit bly.
Afrikaans 1983 en die Here het vir my gesê: “Hierdie poort moet toe bly, dit moet nie oopgemaak word nie en niemand mag daardeur gaan nie, want Ek, die Here, die God van Israel, het daardeur gekom; die poort moet toe bly.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Here sê toe vir my: “Hierdie poort moet toe bly; dit mag nie oopgemaak word nie. Niemand mag daardeur ingaan nie, want die Here, die God van Israel, het daardeur ingegaan. Dit moet toe bly.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het vir my gesê: “Hierdie poort moet toe bly. Niemand mag dit oopmaak en daardeur gaan nie, want die God van Israel, die Here, het daardeur gegaan. Dit moet toe bly.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe sê die Here vir my: “Hierdie ingang mag onder geen omstandighede oopgesluit word nie. Niemand mag hier ingaan of uitgaan nie. Die deur wat gesluit is, moet die mense herinner dat Ek, die Here, Israel se God, hierdeur gekom het toe Ek weer by my huis ingetrek het. Die ingang mag nooit oopgesluit word nie.