Ezekiel 44:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En as hulle uitgaan na die buitenste voorhof, in die buitenste voorhof na die volk toe, moet hulle hul klere waarin hulle gedien het, uittrek en dit in die heilige kamers neerlê, en hulle moet ander klere aantrek; en hulle mag die volk nie met hulle klere heilig nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Wanneer hulle uitgaan na die buitenste hof waar die volk is, moet hulle eers die klere uittrek waarin hulle My bedien het. Hulle moet dit in die gewyde kamers los en ander klere aantrek sodat hulle nie die volk skade aandoen deurdat hulle hulle heiligheid dalk met hulle klere aan hulle oordra nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En as hulle uitgaan na die buitenste voorhof, na die buitenste voorhof na die volk toe, moet hulle hul klere uittrek waar hulle in gedien het, en dit neersit in die heilige kamers, en hulle moet ander klere aantrek, sodat hulle die volk nie heilig maak met hul klere nie. |
| Afrikaans 1983 | Wanneer hulle uitgaan na die buitenste voorhof toe, na die volk toe, moet hulle die klere waarin hulle diens gedoen het, uittrek en dit neersit in die gewyde vertrekke en ander klere aantrek. Dit moet hulle doen sodat hulle nie die volk in gevaar stel met die gewyde klere nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wanneer hulle uitgaan na die buitenste voorhof, na die volk, moet hulle die klere waarin hulle diens gedoen het, uittrek, en dit neersit in die heilige vertrekke. Hulle moet dan ander klere aantrek, sodat hulle nie die volk heilig maak met hulle klere nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En wanneer hulle uitgaan na die buitenste oop stuk grond waar die volk is, dan moet hulle die klere uittrek wat hulle gedra het toe hulle gewerk het. Hulle moet die klere uittrek en hulle moet dit in die gewyde kamers neersit. Hulle moet ander klere aantrek, sodat die volk nie aan die gewyde klere kan raak nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As hulle uitgaan na die volk wat buitekant wag, moet hulle eers hulle linneklere uittrek. Die klere wat hulle dra as hulle voor My kom, mag nie uit die kamers gaan wat by my huis aangebou is nie. Selfs hulle klere dra die merk van my teenwoordigheid. As mense wat slegte dade doen daarmee in aanraking kom, kan hulle doodgemaak word. |