Ezekiel 44:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En as hulle by die poorte van die binneste voorhof ingaan, sal hulle met linneklere aantrek; en geen wol mag op hulle kom as hulle dien in die poorte van die binneste voorhof en binnekant nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Wanneer hulle by die ingang van die binneste hof ingaan, mag hulle net linneklere dra. Hulle mag nie iets van wol dra terwyl hulle aan diens is in die binneste hof of in die tempel self nie.
Afrikaans 1933/1953 En as hulle na die poorte van die binneste voorhof ingaan, moet hulle linneklere aantrek; maar wol mag op hulle nie kom as hulle dien in die poorte van die binneste voorhof en daar binnekant nie.
Afrikaans 1983 “Maar wanneer hulle by enige van die poorte van die binneste voorhof kom, moet hulle linneklere aantrek. Hulle mag nie die binneste voorhof en die tempel binnegaan met iets van wol aan hulle nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wanneer hulle deur die poorte van die binneste voorhof gaan, moet hulle linneklere aanhê; hulle mag nie wol dra terwyl hulle diens doen binne die poorte van die binneste voorhof en binne die •tempel nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar wanneer hierdie priesters deur die poorte van die binneste oop stuk grond kom, dan moet hulle linne-klere aanhê, hulle mag nie wolklere dra wanneer hulle deur die poorte van die binneste oop stuk grond gaan om by die tempel te werk nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Wanneer hulle by ’n ingang van my huis inkom, moet hulle onthou dat hulle die linneklere aantrek wat Ek voorskryf. Hulle mag nie in die huis van die Here ingaan as hulle klere aanhet wat van wol gemaak is nie.