Ezekiel 44:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar die Levietepriesters, die seuns van Sadok, wat die diens van my heiligdom waargeneem het toe die kinders van Israel van My af weggedwaal het, hulle moet na My toe nader om My te dien, en hulle moet voor My staan om aan My die vet en die bloed, spreek die HERE HERE. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Die Levitiese priesters uit die geslag van Sadok het getrou in die tempel gewerk in die tyd toe Israel My vir hulle afgode verruil het. Daarom mag hulle voor My kom om My te bedien. Hulle mag in my teenwoordigheid staan om vet en bloed van offers te bring, sê die oppermagtige Here. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar die Levitiese priesters, die kinders van Sadok, wat die diens van my heiligdom waargeneem het toe die kinders van Israel van My af weggedwaal het, hulle moet na My toe nader kom om My te dien en voor my aangesig staan om aan My die vet en die bloed te offer, spreek die Here HERE. |
| Afrikaans 1983 | “Net die Levitiese priesters uit die geslag van Sadok het die dienswerk in my heiligdom onderhou toe die Israeliete My verlaat het. Hierdie priesters mag in my teenwoordigheid kom en die dienswerk vir My verrig, hulle mag in my diens staan en vir My vet en bloed as offer aanbied,” sê die Here my God. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ ‘ “Maar die Levitiese priesters, die nageslag van Sadok, wat die verpligtinge in my heiligdom nagekom het toe die Israeliete van My afgedwaal het, net hulle mag nader kom na My toe om My te dien; hulle mag in my diens staan om vir My vet en bloed aan te bied.” Dit is die uitspraak van my Heer, die Here. ’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Maar die Levi-priesters, die nageslag van Sadok, is die priesters wat naby die altaar mag kom om vir My te werk. Hulle het die werk in my gewyde plek gedoen toe die Israeliete weggegaan het van My. Net hulle mag die werk doen om vir My vet en bloed te offer.” Dit het die Here gesê, Hy wat Here is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Die kleinkinders van Sadok het nie saam met die volk slegte dade gedoen en afgode gedien nie. Hulle het My in my huis bly dien. Hulle mag dit daarom nou steeds doen. Ek laat hulle toe om in my huis te kom en My te dien. Hulle mag voor My kom en offers vir My bring, namens die volk,” sê die Here, Esegiël se God. |