Ezekiel 44:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar Ek sal hulle aanstel as waarnemers van die diens van die huis, vir al sy dienswerk en vir alles wat daarin gedoen moet word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle mag in die tempel as bediendes werk om die tempel te onderhou en diens te verrig. |
| Afrikaans 1933/1953 | Dus sal Ek hulle aanstel om die diens van die huis waar te neem, vir die hele bediening daarvan en vir alles wat daarin gedoen moet word. |
| Afrikaans 1983 | Ek maak hulle die tempelbediendes wat moet sorg vir al die werk aan die tempel, alles wat daar aan die tempel gedoen moet word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek sal hulle aanstel as die mense wat die verpligtinge in die tempel moet nakom – al die arbeid, ja, alles wat daar gedoen moet word.” ’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek maak die Leviete die werkers in my tempel. Hulle moet al die werk doen waar daar werk is in die tempel.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle mag die huis van die Here oppas. En hulle mag help om die geboue reg te maak. Maar dis al. |