Ezekiel 44:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle mag nie nader na My toe kom om vir My die diens van 'n priester te verrig of om na enige van my heilige dinge in die Allerheiligste te kom nie; maar hulle moet hul skande en hul gruwels wat hulle gedoen het, dra.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle mag nie voor My kom om as priesters te dien nie. En hulle mag nie enige van die heilige voorwerpe of heilige offers aanraak nie. Hulle moet die skande dra van al die sondes wat hulle gedoen het.
Afrikaans 1933/1953 En hulle mag nie nader kom na My toe om die priesteramp vir My te bedien nie en om nader te kom na al my heilige gawes, na die hoogheilige gawes nie; maar hulle moet hul skande dra en hul gruwels wat hulle bedryf het.
Afrikaans 1983 “Hulle mag nie in my teenwoordigheid kom om priesters te wees in my diens nie, hulle mag nie raak aan die dinge wat aan My gewy is of aan die gewyde offergawes nie. Hulle moet die straf dra vir hulle skandelike afskuwelike optrede.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Hulle mag nie nader kom na My toe om as priesters vir My op te tree nie, of naby enigiets kom wat vir My heilig is, naby die •besonder heilige gawes nie. Hulle moet hulle vernedering dra, en die gevolge van die afstootlike dade wat hulle gedoen het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle mag nie by my altaar kom om priesters te wees vir My nie, hulle mag nie raak aan iets wat aan My gewy is en ook nie aan die hoog-gewyde dinge nie. Hulle moet weet dat Ek hulle verneder het oor die dinge wat hulle gedoen het, dinge wat Ek haat.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Hulle mag nie in my huis kom nie en hulle mag nie vir My offers bring nie. Hulle mag geen voorwerp of instrument hanteer wat slegs gebruik mag word om My te dien nie. Hulle moet skaam kry oor al die slegte dade wat hulle gedoen het.