Ezekiel 44:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Omdat hulle hulle gedien het voor hulle drekgode en die huis van Israel in ongeregtigheid laat verval het; daarom het Ek my hand teen hulle opgehef, spreek die HERE HERE, en hulle sal hul ongeregtigheid dra.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar hulle het my volk aangemoedig om afgode te aanbid sodat Israel in sonde geval het. Daarom het Ek ’n eed gesweer dat hulle die straf vir hulle sondes moet dra, sê die oppermagtige Here.
Afrikaans 1933/1953 Omdat hulle hul gedien het voor hulle drekgode en vir die huis van Israel 'n struikelblok tot ongeregtigheid was, daarom het Ek my hand teen hulle opgehef, spreek die Here HERE, sodat hulle hul ongeregtigheid moet dra.
Afrikaans 1983 maar hulle het ook die nodige vir die volk gedoen in die diens van afgode, hulle het Israel in sonde laat verval, en daarom steek Ek my hand teen hulle uit en laat Ek hulle die straf vir hulle sonde dra,” sê die Here my God.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Omdat hulle vir die volk diens gedoen het voor hulle afgodsbeelde, en so vir die huis van Israel 'n struikelblok geword het wat sondeskuld meebring, daarom het Ek my hand teen hulle opgehef en gesweer: Hulle sal hulle sondeskuld moet dra.” Dit is die uitspraak van my Heer, die Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar die Leviete het ook vir die volk gewerk toe die volk afgode gedien het. Hulle het die volk sonde laat doen. Daarom het Ek besluit om hulle te straf. Hulle moet die straf kry vir die verkeerde dinge wat hulle gedoen het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar hulle het mos my volk aangemoedig om afgode te aanbid. Israel het slegte dinge gedoen. Daarom belowe Ek nou dat hulle nooit weer in my huis mag dien nie. Hulle moet die gevolge dra van die slegte dinge wat hulle gedoen het,” sê die Here, die God van Esegiël.