Ezekiel 44:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar hulle sal dienaars in my heiligdom wees, wat by die poorte van die huis toesig hou en die huis bedien; hulle moet die brandoffer en die slagoffer slag vir die volk, en hulle moet voor hulle staan om hulle te dien. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle mag tempelwagte en tempelbediendes wees, en hulle mag die diere slag wat as brandoffers geslag word en my mense help. |
| Afrikaans 1933/1953 | hulle moet dienaars wees in my heiligdom, as wagte by die poorte van die huis en bedienaars van die huis; hulle moet die brandoffer en die slagoffer vir die volk slag en voor hulle staan om hulle te dien. |
| Afrikaans 1983 | Hulle mag diens doen in my heiligdom as wagte by die tempelpoorte en as tempelbediendes, hulle mag die diere vir die brandoffer en die ander offers slag vir die volk, en die nodige vir die volk doen, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | In my heiligdom sal hulle dienaars moet wees – in bevel van die poorte van die tempel – en dienaars in die tempel. Dit is hulle wat die •brandoffers en die •offers vir die volk sal moet slag, en dit is hulle wat vir die volk gereed sal moet staan om hulle te dien. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Leviete mag in my gewyde plek werk. Hulle mag wagstaan by die poorte van die tempel en hulle mag by die tempel werk. Dit is die Leviete wat die diere moet slag vir die brand-offers en die ander offers van die volk. Hulle mag vir die volk werk. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle mag by die ingang van my huis wagstaan en my huis oppas. En hulle mag die diere slag wat die mense bring om aan My te offer. |