Ezekiel 44:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die Leviete wat ver van my af weggegaan het, toe Israel gedwaal het, wat van my af weggedwaal het agter hulle drekgode aan; hulle sal ook hul ongeregtigheid dra.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Leviete wat hulle rug op My gedraai het toe Israel van My weggedwaal het om afgode te aanbid, moet nou die gevolge van hulle ontrouheid dra.
Afrikaans 1933/1953 Maar die Leviete wat ver van My afgewyk het by die afdwaling van Israel, wat van My af weggedwaal het agter hulle drekgode aan, hulle moet hul ongeregtigheid dra:
Afrikaans 1983 “Net die Leviete kon dit doen. Maar die Leviete het van My vervreem geraak toe Israel My verlaat het en hulle hulle afgode gedien het. Die Leviete moet die straf vir hulle sonde dra.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) slegs die Leviete mag daar inkom, hulle wat ver van My was toe Israel afgedwaal het, van My afgedwaal het agter hulle afgodsbeelde aan. Die Leviete sal egter hulle sondeskuld moet dra:
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Net die Leviete kon dit doen. Maar die Leviete het ver weggegaan van My toe hulle die Israeliete verkeerd laat doen het. Die Israeliete het verkeerd gedoen en hulle het hulle afgode gedien. Daarom moet die Leviete die straf kry vir die verkeerde dinge wat hulle gedoen het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Baie van die mense wat in my huis gewerk het, het gedros toe die res van die volk afgode begin dien het. Hulle het saam voor die afgode gaan buig. Nou moet hulle maar die gevolge van hulle slegte dade dra.