Ezekiel 43:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Laat hulle nou hul hoerery en die lyke van hul konings ver van My af verwyder, en Ek sal vir ewig in hulle midde woon.
Afrikaans (NLV) 2011 Laat hulle nou hulle afgode en die monumente waarmee hulle hulle konings vereer het, wegvat. Dan sal Ek altyd tussen hulle woon.
Afrikaans 1933/1953 Nou sal hulle hul hoerery en die lyke van hul konings ver van My af verwyder; en Ek sal vir ewig onder hulle woon.
Afrikaans 1983 As die volk nou hulle afgodery laat staan en die lyke van hulle konings uit my teenwoordigheid wegvat, sal Ek altyd tussen hulle woon.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Nou sal hulle hulle hoerery en die grafsuile van hulle konings ver van My af verwyder; en Ek sal tussen hulle woon, vir altyd.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die volk moet nou ophou om ontrou te wees aan My en hulle moet hulle konings se lyke wegvat ver van My. Dan sal Ek altyd tussen hulle woon.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As hierdie volk ophou om voor afgode te buig en hulle vat al die lyke van hulle konings uit my huis uit, sal Ek weer tussen hulle woon.