Ezekiel 43:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Deur hulle drumpel by my drumpels vas te stel en hulle deurpost by my deurposte en die muur tussen My en hulle, het hulle selfs my heilige Naam verontreinig deur hulle gruwels wat hulle gedoen het; daarom het Ek hulle in my toorn verteer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het altare vir hulle afgode langs my altaar gesit met net ’n muur tussenin. So het hulle My onteer deur hulle afskuwelike dade. Ek het hulle in my woede vernietig. |
| Afrikaans 1933/1953 | deurdat hulle hul drumpel by my drumpel gemaak het en hul deurpos langs my deurpos, sodat net die muur tussen My en hulle was; en hulle het my heilige Naam verontreinig met hulle gruwels wat hulle bedryf het, sodat Ek hulle in my toorn verteer het. |
| Afrikaans 1983 | Die konings het hulle paleis se drumpel en deurkosyn teenaan my huis s'n gesit, sodat daar net 'n muur tussen ons was en hulle het my heilige Naam oneer aangedoen met hulle afskuwelike optrede. Daarom het Ek hulle in my toorn vernietig. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe hulle hulle drumpel teen my drumpel geplaas het, en hulle deurkosyn langs my deurkosyn, en daar net 'n muur tussen My en hulle was, het hulle my heilige Naam verontreinig met die afstootlike dade wat hulle gedoen het, sodat Ek hulle in my toorn verteer het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die konings het die drumpel en die raam van die deur van hulle paleis teen my tempel gesit. Daar was net 'n muur tussen hulle en My. Hulle het my heilige Naam onrein laat word met die dinge wat hulle gedoen het, dinge wat Ek haat. Ek het kwaad geword en Ek het hulle laat sterf. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die konings was so verwaand dat hulle hulle blyplek reg langs my huis gebou het. Daar was net ’n muur tussen my huis en hulle huis. En dan het hulle die afskuwelikste dinge gedoen hier reg voor My! Daarom het Ek vir hulle kwaad geword en hulle gestraf. Nou bestaan hulle nie meer nie. Ek het hulle vernietig. |