Ezekiel 43:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Hy het vir my gesê: Mensekind, die plek van my troon en die plek van my voetsole, waar Ek vir ewig in die midde van die kinders van Israel sal woon, en my heilige Naam sal die huis van Israel verontreinig nie meer hulle of hulle konings deur hulle hoerery en deur die lyke van hulle konings op hulle hoogtes nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | En die Here het vir my gesê: “Mensekind, hier is die plek waar my troon staan en waar Ek my voete laat rus. Ek sal vir altyd hier bly, tussen die mense van Israel. Hulle en hulle konings sal My nie meer onteer deur ander gode te aanbid of monumente vir hulle dooie konings op te rig nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Hy het vir my gesê: Mensekind, dit is die plek van my troon en die plek van my voetsole waar Ek vir ewig sal woon onder die kinders van Israel; en die huis van Israel sal my heilige Naam nie meer verontreinig nie, hulle en hulle konings met hulle hoerery en met die lyke van hulle konings, by hulle dood; |
| Afrikaans 1983 | Hy het vir my gesê: “Mens, dit is die plek waar Ek my troon het, waar Ek vir altyd teenwoordig is tussen die Israeliete. Hulle en hulle konings sal nie weer my heilige Naam oneer aandoen deur afgodery te pleeg en die lyke van hulle konings hier te begrawe nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het vir my gesê: “Mensekind, dit is die plek van my troon, die plek vir my voetsole, waar Ek tussen die Israeliete sal woon, vir altyd. Die huis van Israel, hulle en hulle konings, sal nie weer my heilige Naam verontreinig met hulle hoerery, met die grafsuile van hulle konings wanneer hulle sterf nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Persoon het gesê: “Mens, hier is die plek waar Ek op my troon sal sit en die plek waar Ek my voete sal sit. Ek wil altyd hier woon tussen die Israeliete. Die volk Israel, die mense en hulle konings, sal nie weer ontrou wees aan My nie, hulle sal nie my heilige Naam ontwy nie, hulle sal nie weer die lyke van hulle konings hier kom begrawe nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het vir my gesê: “Mens, hierdie huis is waar Ek bly. Ek sit hier en regeer oor die aarde. Hier sal Ek altyd teenwoordig wees tussen die Israeliete. Hierdie volk en die mense wat oor hulle regeer, sal nie weer slegte dade pleeg nie. Hulle sal nie meer voor afgode buig nie. En hulle sal ook nie weer hulle konings hier in my huis begrawe ná hulle dood en dan nog vir hulle grafstene in my huis oprig nie. |