Ezekiel 43:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En dit was volgens die voorkoms van die gesig wat ek gesien het, volgens die gesig wat ek gesien het toe ek gekom het om die stad te verwoes; en die gesigte was soos die gesig wat ek by die Kebarrivier gesien het; en ek het op my aangesig geval.
Afrikaans (NLV) 2011 Wat ek gesien het, het ooreengekom met wat ek die ander kere by die Kebarrivier gesien het en toe Hy gekom het om Jerusalem te vernietig. En ek het voor Hom neergeval.
Afrikaans 1933/1953 En die gesig wat ek gesien het, het gelyk soos die gesig wat ek gesien het by my koms om die stad te verwoes; en dit was gesigte soos die gesig wat ek gesien het by die Kebarrivier; en ek het op my aangesig geval.
Afrikaans 1983 Die gesig wat ek gesien het, het ooreengekom met die gesig wat ek gesien het toe ek die verwoesting van die stad moes aankondig, en ook met die gesig wat ek aan die Kebarrivier gesien het. Ek het platgeval.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die visioen wat ek gesien het, was soos die visioen wat ek gesien het met sy koms om die stad te verwoes. Ja, die visioene was soos die visioen wat ek gesien het by die Kebarrivier. Ek het neergeval met my gesig teen die grond.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit het dieselfde gelyk soos dit gelyk het toe ek moes kom sê dat die vyande die stad sal verwoes. Dit het ook so gelyk toe die Here aan my verskyn het by die Kebar-kanaal. Ek het gaan lê met my gesig teen die grond.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wat ek hier van Hom gesien het, was dieselfde as daardie dag toe Hy my die opdrag gegee het om aan te kondig dat Jerusalem verwoes gaan word. Dit was ook dieselfde as wat ek langs die Kebarrivier gesien het. Ek het op my gesig voor die Here neergeval.