Ezekiel 43:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En wanneer hierdie dae verby is, moet die priesters op die agtste dag en so verder julle brandoffers en julle dankoffers op die altaar berei; en Ek sal jou behaag, spreek die HERE HERE. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Op die agtste dag, en op elke dag daarna moet die priesters die brandoffers en vrede-offers van die volk op die altaar offer. Dan sal Ek julle aanvaar, sê die oppermagtige Here.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle moet die dae voleindig; dan moet die priesters op die agtste dag en verder julle brandoffers en julle dankoffers op die altaar berei; en Ek sal 'n behae in julle hê, spreek die Here HERE. |
| Afrikaans 1983 | eers as dié tyd verby is, van die agste dag af en daarna, mag die priesters julle brandoffers en julle maaltydoffers op die altaar bring en sal julle vir My aanneemlik wees,” sê die Here my God. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Nadat die dae verloop het, moet die priesters vanaf die agtste dag en daarna julle brandoffers en •maaltydoffers op die altaar bring, en Ek sal julle aanvaar.’ Dit is die uitspraak van my Heer, die Here. ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer die sewe dae verby is, van die agste dag af en daarna, dan mag die priesters julle brand-offers en julle ete-offers op die altaar bring. Dan sal Ek julle aanvaar.” Dit het die Here gesê, Hy wat Here is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hierna, van die agtste dag af, mag die mense wat hier werk, ook ander offers bring. Ek sal dan julle offers aanvaar,” sê die Here, die God van Esegiël. |