Ezekiel 43:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Sewe dae lank moet jy elke dag 'n sondofferbok berei; ook 'n jong bul en 'n ram moet sonder gebrek uit die kleinvee berei. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Elke dag vir sewe dae lank moet ’n bokram, ’n jong bul en ’n ram uit jou kudde, almal sonder enige liggaamsgebrek, as ’n sonde-offer geoffer word. |
| Afrikaans 1933/1953 | Sewe dae lank moet jy daagliks die sondofferbok gereedmaak; ook moet hulle 'n jong bul en 'n ram uit die kleinvee, altwee sonder gebrek, berei. |
| Afrikaans 1983 | jy moet sewe dae lank elke dag 'n sondeofferbok voorsien, en ook 'n bul en 'n skaapram, almal sonder liggaamsgebrek; |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sewe dae lank moet jy elke dag 'n bokram offer as reinigingsoffer; en hulle moet ook 'n jong bul en 'n skaapram uit die kleinvee offer, diere sonder gebrek. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy moet sewe dae lank elke dag 'n bok-ram bring om 'n sonde-offer te wees, en jy moet ook 'n bul en 'n skaap-ram offer. Dit moet almal gesonde diere wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | So moet jy sewe dae lank elke dag ’n bok- en ’n skaapram verbrand vir die slegte dade wat julle gedoen het. Hulle mag nie gebreklik wees nie. |