Ezekiel 43:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En jy moet dit voor die aangesig van die HERE offer, en die priesters moet sout daarop gooi, en hulle moet dit as brandoffer aan die HERE offer.
Afrikaans (NLV) 2011 Bied dit vir die Here aan terwyl die priesters sout daaroor sprinkel en dit as ’n brandoffer vir die Here offer.
Afrikaans 1933/1953 En jy moet hulle bring voor die aangesig van die HERE; en die priesters moet sout daarop strooi en dit as brandoffer aan die HERE bring.
Afrikaans 1983 jy moet hulle aanbied in die teenwoordigheid van die Here, en die priesters moet sout op die offervleis gooi en dit as 'n brandoffer vir die Here offer;
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Bring hulle nader voor die Here. Die priesters moet sout op hulle gooi en hulle as brandoffer vir die Here offer.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy moet hulle vleis na die altaar bring. Die priesters moet sout op die vleis gooi en hulle moet die vleis vir die Here offer. Dit is 'n brand-offer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die mense wat hier werk, moet sout op die vleis gooi. Dan moet hulle dit voor My offer.