Ezekiel 43:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En op die tweede dag moet jy 'n bokram sonder gebrek as sondoffer berei; en hulle moet die altaar reinig soos hulle dit met die bul gereinig het.
Afrikaans (NLV) 2011 “Op die tweede dag moet jy ’n bokram sonder liggaamsgebrek as sonde-offer offer. Dan moet jy die altaar reinig sodat dit versoening kan bring, net soos in die geval van die bul gedoen is.
Afrikaans 1933/1953 En op die tweede dag moet jy 'n bokram sonder gebrek as sondoffer bring; en hulle moet die altaar ontsondig soos hulle dit met die bul ontsondig het.
Afrikaans 1983 die dag daarna moet jy 'n bokram sonder liggaamsgebrek as sondeoffer aanbied en moet jy die altaar reinig net soos in die geval van die bul gedoen is;
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Op die tweede dag moet jy 'n bokram sonder gebrek as reinigingsoffer bring, en hulle moet die altaar daarmee reinig, soos hulle dit met die bul gereinig het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die volgende dag moet jy 'n gesonde bok-ram bring om 'n sonde-offer te wees. Jy moet dan dieselfde doen soos jy met die bul gedoen het. Jy moet die altaar gereedmaak sodat mense My daar kan dien.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die volgende dag moet jy ’n bokram wat nie sieklik of gebreklik is nie, offer vir die slegte dade wat julle gedoen het. Dan moet jy weer die bloed aan die altaar smeer net soos die vorige dag.