Ezekiel 43:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Jy moet ook die sondofferbul neem, en hy moet dit verbrand op die vasgestelde plek van die huis, buitekant die heiligdom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dan moet jy die sonde-offerbul neem en dit op die aangewese plek buite die tempelarea verbrand. |
| Afrikaans 1933/1953 | Dan moet jy die sondofferbul neem, en hulle moet hom verbrand in die daarvoor bestemde plek van die huis, buitekant die heiligdom. |
| Afrikaans 1983 | daarna moet jy die sondeofferbul verbrand op die plek wat naby die tempel maar buitekant die heiligdom daarvoor aangewys is; |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Neem dan die bul vir die reinigingsoffer en verbrand hom in die aangewese deel van die tempel buite die heiligdom. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dan moet jy die bul wat 'n sonde-offer is, verbrand op die regte plek naby die tempel, buitekant die gewyde plek. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As jy klaar is hiermee, moet jy die bul verbrand. Daar is ’n spesiale plek hiervoor buitekant my huis. |