Ezekiel 43:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En jy moet van sy bloed neem en dit aan sy vier horings en aan die vier hoeke van die nedersetting en aan die rand rondom smeer; so moet jy dit reinig en reinig.
Afrikaans (NLV) 2011 Jy moet dan van sy bloed vat en dit aan die vier horings en aan die vier hoeke van die boonste vlak van die altaar smeer, en ook teen die sykante rondom. Op hierdie manier moet die altaar gereinig word sodat dit versoening kan bring.
Afrikaans 1933/1953 En jy moet van sy bloed neem en dit stryk aan die vier horings daarvan en aan die vier hoeke van die omlysting en aan die opstaande rand rondom; so moet jy dit dan ontsondig en versoening daarvoor bewerk.
Afrikaans 1983 dan moet jy van die bul se bloed vat en dit aan die vier horings en aan die vier hoeke van die boonste vlak van die altaar smeer, en ook teen die sykante rondom. So moet jy die altaar reinig en dit geskik maak vir diens aan My;
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) ‘Neem van die bloed en smeer dit aan die vier horings, aan die vier hoeke van die lys en aan die rand rondom, en reinig die altaar deur daarvoor versoening te doen.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Jy moet van die bul se bloed neem en jy moet dit smeer aan die vier horings van die altaar, en teen die hoeke van die boonste rand van die altaar, en ook rondom die kante van die altaar. So moet jy die altaar gereedmaak sodat mense My daar kan dien.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle moet van die bul se bloed vat en aan die vier horings van die altaar smeer. Ook aan die vier hoeke van die boonste vlak van die altaar moet jy bloed smeer, en teen die sykante daarvan reg rondom. So maak jy die altaar skoon en mag jy daarop offers vir My bring.