Ezekiel 43:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En kyk, die heerlikheid van die God van Israel het gekom van die pad na die ooste, en sy stem was soos 'n geraas van baie waters, en die aarde het geskyn van sy heerlikheid.
Afrikaans (NLV) 2011 Skielik het die heerlikheid van die God van Israel vanuit die ooste verskyn. Dit het geklink soos wanneer baie waters aangerol kom. Die hele wêreld het geskitter van sy heerlikheid.
Afrikaans 1933/1953 En kyk, die heerlikheid van die God van Israel het van die oostekant af gekom; en die geruis daarvan was soos die geruis van baie waters, en die aarde het geglans van sy heerlikheid.
Afrikaans 1983 Daar sien ek toe die magtige verskyning van die God van Israel uit die ooste uit. Die stem van die Here was soos die gedruis van baie waters, en sy magtige verskyning het die hele aarde verlig.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En kyk, die heerlikheid van die God van Israel het uit die ooste gekom! Die geluid daarvan was soos die geluid van baie water, en die aarde het gestraal van sy heerlikheid.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En daar, van die oostekant, kom toe die lig wat om die Koning, die God van Israel, is. Ek het iets gehoor soos wanneer baie water raas, en die lig van die Here het dit lig laat word op die aarde.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die volgende oomblik het die Here daar aan ons verskyn. Uit die oostekant uit het die God van my volk Hom op ’n spesiale manier aan ons bekendgemaak. Toe die Here praat, het dit geklink soos groot riviere wat oor hulle walle stroom. Hy het soos ’n helder lig, soos die son, geskyn. Alles was verlig rondom ons.