Ezekiel 43:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En jy moet aan die Leviete-priesters wat uit die nageslag van Sadok is, wat na My toe kom om My te dien, 'n jong bul as sondoffer gee, spreek die HERE HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 Daardie dag moet vir die Levitiese priesters uit die nageslag van Sadok ’n bul gegee word as ’n sonde-offer. Net hulle mag voor My diens verrig, sê die oppermagtige Here.
Afrikaans 1933/1953 moet jy aan die Levitiese priesters wat uit die geslag van Sadok is, wat na My mag nader kom -- spreek die Here HERE -- om My te dien, 'n jong bul gee as sondoffer.
Afrikaans 1983 moet jy vir die Levitiese priesters uit die nageslag van Sadok 'n bul gee as 'n sondeoffer; hulle is die priesters wat by die altaar mag kom om die diens aan My te verrig, sê die Here my God;
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Gee vir die priesters, die Leviete uit die nageslag van Sadok wat na My mag nader kom om My te dien, 'n jong bul as •reinigingsoffer.’ Dit is die uitspraak van my Heer, die Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy moet vir die Levi-priesters 'n bul gee om 'n sonde-offer te wees. Daardie priesters is uit die nageslag van Sadok en hulle mag by My altaar kom om vir My offers te bring.” Dit het die Here gesê, Hy wat Here is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Net hierdie mense, die kleinkinders van Sadok, mag by die altaar kom. Net hulle mag hier werk, sê die Here, Esegiël se God.