Ezekiel 43:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Hy het vir my gesê: Mensekind, so sê die HERE HERE; Dit is die insettinge van die altaar op die dag as hulle dit maak, om daarop brandoffers te bring en bloed daarop te sprinkel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het vir my gesê: “Mensekind, so sê die oppermagtige Here: Hier is die bepalings oor die bring van offers op die altaar en die sprinkel van bloed wanneer die altaar gebou is. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy het vir my gesê: Mensekind, so spreek die Here HERE: Dit is die verordeninge van die altaar: Op die dag as dit gemaak word om brandoffers daarop te bring en om bloed daarteen uit te gooi, |
| Afrikaans 1983 | Die man met die meetstok het vir my gesê: “Mens, so sê die Here my God: Die voorskrifte oor die bring van offers op die altaar en die sprinkel van bloed teen hom sal soos volg wees: die dag wanneer hy klaar gebou is, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die man het vir my gesê: “Mensekind, so sê my Heer, die Here, ‘Dit is die vaste voorskrifte vir die altaar, vir die dag wanneer dit opgerig is om •brandoffers daarop te bring en bloed daarteen te sprinkel: |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die man het vir my gesê: “Mens, die Here, Hy wat Here is, sê: Dit is die dinge wat julle moet doen met die altaar wanneer julle dit klaar gebou het om daarop brand-offers te bring en om bloed daarop te spat: |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe sê die man met die liniaal vir my: “Mens, die Here my God sê dat jy vir die volk moet sê die dag as hierdie altaar klaar gebou is, moet die mense wat in my huis werk, ’n bul daarop offer vir al die slegte dade wat hulle gedoen het. |