Ezekiel 43:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die set moet veertien el lank en veertien el breed wees in sy vier vierkante; en die grens daaromtrent moet 'n halwe el wees; en die onderkant daarvan moet 'n el rondom wees; en sy trappe sal na die ooste kyk.
Afrikaans (NLV) 2011 Die boonste vlak was ook vierkantig, sewe meter lank en net so breed. Die afleivoor onder het ’n rand van ’n kwart meter breed gehad en was rondom ’n half meter diep. Daar was trappe aan die oostekant van die altaar.
Afrikaans 1933/1953 En die omlysting: veertien el lengte by veertien el breedte na sy vier kante toe; en die opstaande rand daar rondom: 'n half-el; en die voetlaag daaraan: 'n el rondom; en sy trappe het oos gekyk.
Afrikaans 1983 Die boonste vlak was ook vierkantig, sewe meter lank en net so breed. Die afleivoor onder het 'n rand van 'n kwart meter breed gehad en was rondom 'n half meter diep. Die trappe teen die altaar op was aan die oostekant.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die hoër lys is veertien el lank en veertien el breed, gemeet aan sy vier kante. Die rand rondom is 'n halwe el, en die voor van die altaar is rondom een el diep. Die trappe front oos.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die boonste rand, onder die vuurmaakplek, moet ook vierkantig wees, dit moet 14 el lank en 14 el breed wees. Die kant rondom die altaar moet 'n halwe el breed wees. Die afleivoor rondom die altaar moet een el diep wees. Die trappe van die altaar moet by die oostekant wees.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die heel boonste vlak was ook vierkantig, sewe meter in deursnee. Die voor wat die water weglei, het ’n rand wat ’n kwart meter breed is en ’n halwe meter diep. Die trap waarteen ’n mens opklim na die altaar, is aan die oostekant daarvan.