Ezekiel 43:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En van die bodem af op die grond tot by die onderste sitplek moet twee el wees, en die breedte een el; en van die klein plek af tot by die groot sitplek moet vier el wees, en die breedte een el. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Van die afleivoor af na die onderste vlak toe was die hoogte een meter. Die vlak was ’n half meter wyer as die volgende. Van die onderste na die boonste vlak toe was die hoogte twee meter. |
| Afrikaans 1933/1953 | En van die voetlaag op die grond tot by die onderste omlysting: twee el, en die breedte: een el; en van die kleinste omlysting tot by die grootste omlysting: vier el, en die breedte: een el. |
| Afrikaans 1983 | van die afleivoor af na die onderste vlak toe was die hoogte een meter. Die vlak was 'n half meter wyer as die volgende; van die onderste na die boonste vlak toe was die hoogte twee meter. Die boonste vlak was 'n half meter wyer as die vuurmaakplek. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Vanaf die voor in die grond tot by die laer lys is dit twee el, en die lys is een el breed; en van hierdie smaller lys tot by die hoër lys is dit vier el. Die breedte van die hoër lys is een el. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Van die afleivoor onder in die grond tot by die onderste rand van die altaar moet dit twee el wees. Die onderste rand moet een el breër wees as die boonste rand, en van die onderste rand tot by die boonste rand moet dit twee el wees. Die altaar moet vier el hoog wees en die boonste rand moet een el breër wees as die vuurmaakplek. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die altaar was van die voor af na die onderste vlak ’n meter hoog. Hierdie onderste vlak was ’n halwe meter wyer as die volgende vlak. Van die onderste na die boonste vlak was die hoogte twee meter. Die heel boonste vlak was ’n halwe meter wyer as die plek waar vuur gemaak word. |