Ezekiel 43:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En dit is die afmetings van die altaar volgens die el: 'n el is 'n el en 'n handbreedte; die onderkant moet 'n el wees, en die breedte 'n el, en sy rand aan sy rand rondom 'n span; en dit moet die boonste plek van die altaar wees.
Afrikaans (NLV) 2011 “Hier is die afmetings van die altaar: Daar is ’n voor rondom die altaar wat ’n half meter diep en ’n half meter breed is, en sy rand was rondom ’n kwart meter breed. Dit is die hoogte van die altaar:
Afrikaans 1933/1953 En dit is die afmetinge van die altaar in elle die el is 'n el en 'n handbreedte: die voetlaag 'n el hoog en 'n el die breedte; en die opstaande rand daarvan aan die buitekant daarvan rondom: een span; en dit is die onderbou van die altaar.
Afrikaans 1983 Die afmetings van die altaar, gemeet met die maat wat vir die heiligdom geld, was soos volg: die afleivoor was 'n half meter diep en 'n half meter breed, en sy rand was rondom 'n kwart meter breed. Die hoogte van die altaar was soos volg:
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Dit is die afmetings van die altaar in el – elke el is 'n el en 'n handbreedte lank. Die voor is een el diep en een el breed, en die rand daarvan al langs die kant is rondom een span. Dit vorm dan die basis van die altaar.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Julle moet die altaar meet, maar die el wat julle hier moet gebruik, is een span langer as die gewone el. Die afleivoor by die altaar moet een el diep en een el breed wees, en die rand van die voor moet een span breed wees. Dan moet julle meet hoe hoog die altaar moet wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) So lyk die altaar. Rondom die altaar was ’n voor waarin water kon wegloop. Hierdie voor was ’n halwe meter diep en net so breed. Sy rand rondom was ’n kwart meter breed.