Ezekiel 43:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dit is die wet van die huis; Op die top van die berg moet sy hele grens rondom hoogheilig wees. Kyk, dit is die wet van die huis. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit is die basiese vereistes van die tempel: absolute heiligheid. Die top van die berg waarop die tempel gebou is, is heilig. Ja, dit is die wet vir die tempel.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Dit is die wet van die huis: Op die top van die berg sal sy hele gebied al rondom hoogheilig wees. Kyk, dit is die wet van die huis. |
| Afrikaans 1983 | Die reëling in verband met die tempel is dat die top van die berg en die hele gebied rondom uitsluitend aan My gewy is. Dit, en niks minder nie, is die reëling in verband met die tempel.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Dit is die wet vir die tempel: Op die kruin van die berg is die hele gebied van die tempel reg rondom besonder heilig. Kyk, dit is die wet vir die tempel.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die wet oor die tempel is: Die boonste punt van die berg en alles daar rondom moet hoog-gewyd wees. Dit is die belangrikste wet oor die tempel.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wat hulle moet weet, is dat die hele area waar my huis staan, op die top van die berg en die gebied daar rondom, opsy gesit is vir spesiale diens aan My. Daar mag ’n mens slegs met die dinge van die Here besig wees.” |